“Parow’s back to kill katte”
"Parow's back to kill katte, gaan skryf 'n berig," terg Jack Parow op sy nuwe album.
Jack Parow, wat op 14 February sy derde album, Nag van die lang pette bekend gestel het, het die Record vertel oor Steve, Bloubek, Ruby en die proses.
Parow het ‘n myner uit Orkney genader om hom te help om die Fanakalo lirieke vir Bloubek te skryf, en hy sê, “dit is lekker om te kan sê Parow is groot in ‘n hele ander taal”.
“Die myner was by soveel van my shows en ons het al saam gekuier, hy was die perfekte ou om te approach.”
Die album spog met vyf tale – Afrikaans, Engels, Fanakalo, isiZulu en Setswana.
“Dis net cool om nog mense in te trek.”
Die akoestiese gedeelte van die dubbelalbum moes vir Parow spesiaal wees.
“Ons wou iets spesiaal maak, dit moes nie net ‘n after thought wees nie. Ek wou ‘n album maak wat amper op sy eie kan staan.”
Vir Parow was die uitkoms van Nag van die lang pette onverwags. Volgens terugvoer vertel hy dat diegene wat gevoel het dat die akoestiese album beter sal wees meer die elektriese kant geniet het, en andersom.
“As jy niks verwag van die acoustic side nie, sal dit jou verbaas, dieselfde met die electric side.”
Lees verder wat Parow aan die Record gesê het in die volgende gedrukte uitgawe.



