Roodepoort: Ondersteun Wêreldbiddag vir Vroue
Vroue word genooi na die Wêreldbiddag vir Vroue-byeenkoms by die NG Kerk Ontdekkerskruin.
Die tyd het weer aangebreek vir die Wêreldbiddag vir Vroue, wat hierdie jaar op Vrydag 7 Maart val. In Roodepoort het Ellen Oosthuizen van Bebe’s Events and Promotions die Record meegedeel dat die NG Kerk Ontdekkerskruin ‘n Biddag-geleentheid aanbied.
Wêreldbiddag vir Vroue (of Women’s World Day of Prayer) word elke jaar in die eerste week in Maart gehou, en bied vroue wêreldwyd die geleentheid om opnuut hul geloof te bevestig, versterk te word deur geloofservaringe van Christene uit verskillende lande en kulture, en mekaar se laste te dra deur saam met hulle, en vir hulle, te bid.
Om 7nm op Vrydag 7 Maart kan alle Roodepoort-vroue by die NG Kerk Ontdekkerskruin bymekaarkom om saam te bid. Die kerk is by Philipslaan 19, Discovery. Enige navrae kan gerig word aan Ellen Oosthuizen by 083 268 6868.
Vir meer inligting oor die Wêreldbiddag vir Vroue, kontak Joa van Aarde by 011 975 4598 of per e-pos by wwwdp@telkomsa.net.



