Local newsNews

Bastion-nuwelinge is nie meer so groen nie

Graad 8's offisieel as Bastionners ingelyf

Die Graad 8-leerders van Hoërskool Bastion het op die maat van polsende musiek, flitsende ligte en ‘n goeie storielyn, hul aankoms by die hoërskool aangekondig.

Die leerders het hul harte uitgedans.
Die leerders het hul harte uitgedans.

Die groentjies, oftewel Woelige-Goggalike-Oulike-Bastion-wurmiete, se konsert was op die film A Bug’s Life gebaseer. Die produksie het die soeke na ‘n mens se plekkie in die wêreld uitgebeeld, net soos elke nuwe Graad 8 sy of haar plekkie in die hoërskool moet vind.

Die produksie is geskryf deur vier van die Gaad 12-leierraadslede – Micaela Lubbe, Bernice Oosthuizen, Thomas van Rooyen en Albertus Oosthuizen. Die hoofrolle is deur Jacques Oosthuizen (Flik), Simoné Toua (Dot), Neo van der Plank (Hopper) en Vernon McLean (Flik se pa) vertolk en hulle het hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Die Graad 8-leerders op die verhoog.
Die Graad 8-leerders op die verhoog.

Die leerders se eerste gehoor was die bejaardes van die plaaslike ouetehuis. Hulle het daarna nog twee aande voor ‘n stampvol saal opgetree en die gehoor het hulle gate uit geniet.

Volgens Monique Naudé, die skool se woordvoerder, was die groentjiekonsert ‘n groot sukses. “Die leerders het so hard geoefen, en het tonne pret gehad. Ons is ook baie trots op die Graad 12-leierraad wat so hard saam met hierdie groep gewerk het om te verseker die konsert is suksesvol,” het sy gesê.

Simoné Toua, Jacques Oosthuizen en Vernon McLean.
Simoné Toua, Jacques Oosthuizen en Vernon McLean.

Na afloop van die gala-aand se vertoning is die Woelige-Goggalike-Oulike-Bastion-wurmiete amptelik as ware Bastionners ingelyf.

Die konsert is met die tradisionele Graad 12-dansitem, Graad 8-liedjie, skoollied en kreet afgesluit.

Luister na die Graad 8’s en 12’s se rendisie van die skoollied hier:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button