NewsSchools

‘n Spoggerige Meneer en Mejuffrou Bastion

Bastionners het weereens hul skoonheid bewys met die jaarlikse Meneer en Mejuffrou Bastion kompetisie.

Bastion het weereens ‘n uit-en-uit spoggerige aangeleentheid gereël om Roodepoort se mooistes te bekroon met Meneer en Mejuffrou Bastion, gehou by Usambara op Donderdag 5 September.

Hierdie jaar is die aantreklikste seuns en pragtigste dogters bekyk en beoordeel onder ‘n Rio de Janeiro Karnaval-tema. Deelnemers het self danspassies uitgevoer op ritmiese musiek en is ondersteun met optredes deur dansers van die Jazz Pros dansskool.

Elke deelnemer is daarna eers in ‘n loslit karnaval uitrusting voorgestel en kon later in hul eie formele drag die verhoog betree. Altesaam 20 dogters en 9 seuns het vir die Junior Meneer en Mejuffrou Bastion 2013 titels meegeding en 31 dogters en 3 seuns het hul oë op die Senior Meneer en Mejuffrou Bastion 2013 titels gerig.

Derrich Gardner van 101.5 RSG en KykNet het die geleentheid aangebied, met ‘n inleiding deur Melitta Geyser.

Na ‘n groot optoffery, modellopies en ‘n driegang maaltyd is die wenners aangekondig.

 

Meneer en Mejuffrou Bastion Senior 2013:

• Mejuffrou Bastion Senior 2013: Thereze Kotze

• 1ste Senior Prinses 2013: Charné Bell

• 2de Senior Prinses 2013: Nandi Oosthuizen

• Meneer Bation Senior 2013: Liaam Perry

 

Meneer en Mejuffrou Bastion Junior 2013:

• Mejuffrou Bastion Junior 2013: Jessica Malherbe

• 1ste Junior Prinses 2013: Megan Coetzee

• 2de Junior Prinses 2013: Chanel Gouws

• Meneer Bastion Junior 2013: Juan Fourie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

  1. Bastion Hoerskool se Mnr en Mej Bastion is maar alweer vals. Dis elke jaar dieselfde meisies in die top 3. En as jy as ouer nie op die skool se beheerliggaam is nie, word jou meisiekind nie eers na gekyk op die verhoog nie en staan geen kans om in die top tien of top 3 te kom nie. Mors van ouers se tyd en geld en breek meisies se selfvertroue.

Back to top button