Wens jy ooit jy kan net vir ’n oomblik ontsnap van die gejaag van die lewe?
Wil jy net ’n bietjie ontspan? Dink kreatief. Dink inkleur!

Niemand is ooit te oud om ’n inkleurpotlood op te tel en te begin inkleur nie.
Meer oor die boek:
Hierdie nuwe tendens, wat die wêreld gaande het, is nie net lekker ontspannend en kalmerend nie, maar het ook terapeutiese voordele wat help met die verligting van stres en depressie.
Vandag gaan fantasties wees! verweef pragtige sketse en patrone met Bybelse inspirasie.
Behalwe vir die patrone en prente wat ure se inkleur-pret verskaf, kan lesers ook uitsien na die volgende:
Geperforeerde bladsye om uit te skeur
Skoon bladsye op keersye waarop lesers na hartelus kan skribbel
Boekmerke, groetekaartjies en geskenk-etikette wat uitgeknip kan word en waarop jy jou eie boodskappe kan skry
Genoeg spasie vir eie aanhalings en verse
Inspirerende aanhalings en Bybelverse
Hierdie boek is die ideale geskenk vir enige ouderdom. Dit sal lesers weer die seën van eenvoud laat ervaar en hulle kreatiwiteit vlerke gee.



