‘n Wêreldklas spogaand is gehou by Mount Usambara met die afgelope Meneer en Mejuffrou Bastion kompetisie.
Elke deelnemer het die geleentheid gehad om ‘n land uit te beeld met hul wêreldtoer-tema. Deelnemers is in groepies opgedeel om lande soos Frankryk, Italië, Duitsland en selfs Hawai’i uit te beeld met hul uitrustings. Later het al die deelnemers hul danspassies ten toon gestel. Met compére Deon van der Merwe (van Touch of Class) wat ook vermaak behartig het saam met Ruan du Toit is die aand afgeskop.
Die werklike skoonheid is eers later die aand beleef toe Hollywood glimlagte, pragtige kapsels en uitmuntende rokke en aandpakke gemodelleer is deur die leerlinge. Elkeen is voorgestel en hul unieke persoonlikhede is gewys deur die beskrywings wat Van der Merwe van hul gegee het sowel as hul optrede en sjarme op die verhoog. Trotse ouers en onderwysers het in die gehoor hande geklap en kameras laat flits.
Al het elke leerling hul selfvertroue en glans bewys moes beoordelaars teen die einde van die aand beslis wie die verhoog die beste hanteer het. Onder die junior deelnemers is Arno van Zyl en Twané Roux gekroon as Meneer en Mejuffrou Bastion Junior 2014, met Veruschka King en Megan Coetzee as eerste en tweede prinsesse. Die grootste eer het egter behoort aan Ruan Booysens en Nandi Oosthuizen wat as Meneer en Mejuffrou Bastion Senior 2014 gekroon is. Boeta Piater en Charlton Nortjé was as eerste en tweede prins gekies terwyl Charné Bell en Shimoné Gouws geskitter het as eerste en tweede prinsesse.
Sien ‘n gallery van foto’s van die geleentheid hier en hier.
Ander wenners:
• Meneer Persoonlikheid: Boeta Piater
• Mejuffrou Persoonlikheid: Neo Mabe
• Meneer Fotogenies: Ruan Booysens
• Mejuffrou Fotogenies: Odette Pretorius
• Debutante 2014: Raquele Pretorius, Leandri du Plessis, Kayla Watson en Chanté Hattingh




Nandi oosthuizen moes nie gewen het nie, Chante Hattingh moes wen, Voel hieri hele mnr en mej Bastion is n groot klug!!!!!!!