
Hoërskool Roodepoort se eersterugbyspan is 2014 se Goue Leeus-wenner vir middelskole.
Die span het sonder om enige wedstryd te verloor tydens die seisoen deurgedring na die Goue Leeus-finaal, waar hulle Alberton High 15-10 geklop het om die silwerware huis toe te bring.
Die span het ‘n allemintige 655 punte deur die loop van die seisoen aangeteken en daar is slegs 125 punte teen hulle aangeteken.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



