Local newsNews

Kuns in die Tuin oortref verwagtinge

Groot planne vir Florida-kunsplatform.

Die kunsuitstalling wat op 9 November in Newstraat in Florida gehou is, was volgens organiseerder Annemarie Heuser ‘n groot sukses.

Die werke is in ‘n sprokiesagtige tuin ten toon gestel en die gaste is met heerlike eetgoed en boeretroos getrakteer.

Die doel van die uitstalling was om kunstenaars se werk op ‘n bekostigbare wyse aan die publiek bekend en beskikbaar te stel. Kunstenaars wat by die uitstalling betrokke was is Heuser self, Wouter Coetsee, Karen Hughes, Mariaan Bosman en Marietjie le Roux.

Heuser skryf die dag se groot sukses toe aan die feit dat baie meer mense as wat verwag is die uitstalling besoek het en dat hulle die dag heerlik omgekuier het.

Behalwe vir ander verrassings word daar beplan om die kunsuitstalling elke drie maande te hou en hopelik nog meer opkomende kunstenaars te betrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button