Local newsNews

Damestee help met herstel

Daar was ook pryse te wen en twee kunswerke is opgeveil.

“Elke R10 help,” het die stigter van die Cradle of Hope, Melodie van Brakel, by hul jaarlikse damestee gesê.

Saterdag, 25 Mei, het vroue van oral na die Suiderlig-gemeente in Krugersdorp-Wes gekom om die spoggeleentheid ten bate van dié organisasie te ondersteun.

Mary Greyvensteyn en Ronel Lucas het lekker gekuier.

Daar was ‘n gasvrou vir elke tafel wat gesorg het dat hul tafels modern, uniek en feestelik versier en gedek was met die allerlekkerste happies.

Die funksie is aangebied om vir die Cradle of Hope se huis van herstel geld in te samel. Hierdie huis help vroue, mammas en jong meisies wat weens aaklige omstandighede geen ander heenkome het nie.

Louise van der Merwe, Hester de Klerk, Mart Steyn en Tina Russouw het die damestee ‘n familie-affêre gemaak.

Melodie het vertel dat die vroue by hul organisasie van reg oor die land kom om hulp te soek. Hulle is dikwels slagoffers van mishandeling en mensehandel.

Die organisasie gee vir die vroue ‘n woonplek en kos, en help om na hul kinders te kyk. Bowenal gee hulle vir die vroue liefde en leiding, en ontwikkel hul vaardighede. Wanneer hulle voel hulle is reg om aan te beweeg, word hulle gehelp om ‘n blyplek en werk te kry.

Die eregaste, aktrises Corine du Toit en Sandra Vaughn.

Dit kos om en by R170 000 per maand om die skuiling aan die gang te hou en die organisasie maak staat op skenkings vir oorlewing.

Gaste by die damestee is deur Burgerd Botha, Henry van Dyk en Nicholis Louw vermaak. Engelie le Roux het klavier gespeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button