Hoërskool Bastion se eerstedogtershokkiespan het hul seisoen met gemengde welslae afgesluit.
Na ‘n paar taai uitspeelwedstryde het hulle tweede in die liga geëindig en sodoende vir die Noordvaal Kampioenskappe gekwalifiseer wat vroeër in Augustus plaasgevind het.

Daar het hulle drie poelwedstryde gespeel maar kon ongelukkig nie die mas opkom nie en het al drie verloor, wat die einde van hul toernooi beteken het.
Hulle uitslae was as volg:
• Verloor teen Curro Bankenveld 4–0
• Verloor teen Hoërskool Alberton 6–1
• Verloor teen Hoërskool Klerksdorp 3–1
Die span het ook aan die jaarlikse Spar Challenge by Hoërskool Noordheuwel deelgeneem en derde uit die 12 deelnemende skole geëindig.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



