Twee Laerskool Helderkruin leerlinge, Mykle du Plooy en Aldy Esterhuizen het die afgelope naweek gekwalifiseer om aan die streekproewe vir die Gautengspan in hulle betrokke ouderdomsgroep deel te neem.
Die proewe sal op 1 Mei plaasvind.
Volgens Isobel Mitchley, die skool se woordvoerder, leef die twee meisies vir netbal en is hulle opgewonde tog senuagtig. Sy sê altwee spelers is uitsonderlik vaardig en baie goeie verdedigers.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




