Dié skool is tops
Havies (Laerskool Dr Havinga) sal altyd die skool op ons gesin se lippe bly want dis meer as net ‘n skool, dis een groot familie! Ek is al die afgelope ses jaar in die bevoorregte posisie om ‘n ouer te wees by Laerskool Dr Havinga en kan met alle eerlikheid se dat daar geen ander …
Havies (Laerskool Dr Havinga) sal altyd die skool op ons gesin se lippe bly want dis meer as net ‘n skool, dis een groot familie!
Ek is al die afgelope ses jaar in die bevoorregte posisie om ‘n ouer te wees by Laerskool Dr Havinga en kan met alle eerlikheid se dat daar geen ander skool is daarnatoe ek my kind eerder sou wou stuur nie. Vandag wil ek net weereens vir elke onderwyser, kind en ouer wat betrokke was by die suksesvolle Japtrapfees (Kaskardag) wat op Vrydag, 27 Februarie plaasgevind het sê “welgedaan” Dit het net weer gewys dat Havies ‘n familie is wat saam kan werk om so ‘n dag glad te laat verloop.
Afgesien van die kaskar esies wat die dag se hoogtepunt was, kon oud en jonk hulself knuppeldik eet aan al die lekker boerewors rolle, hot dogs, snow cones, lekkergoed, jantjies, hamburgers en wie weet wat nog,teen spotgoedkoop pryse. En die beste van alles – daar was geen lang rye nie!
Speletjies soos “Slaan ‘n wrak”, “Vang ‘n dip in die dam”, “Kussing geveg”, “Paintball”, “Pot ‘n Prefek” en nog vele meer het oud en jonk die hele middag vermaak en dit alles vir ‘n skamele R5 per kaartjie.
Hierdie geldinsamelingsprojek is die lekkerste lekker en beslis die hoogtepunt van die jaar waarna almal uitsien want onderwysers, ouers en kinders geniet dit ewe veel. Dit is ‘n familiedag vol pret en plesier. Ek sê weer … welgedaan Havies. Die Kaskardag word elke jaar net beter en lekkerder!
Ons is TROTS om deel van die Havie-familie te wees!



