Local newsNews

NG Culembeeck bied hulp vir dié wat rou

Die NG Kerk Culembeeck bied in Mei GriefShare aan, 'n program wat inwoners deur die rouproses kan help.

Die NG Kerk Culembeeck bied van Mei af die GriefShare-kursus aan, sê Wilna Gerber.

GriefShare is ‘n program waardeur mense gelei word om deur die rouproses te werk, hul depressie te verwerk en hulself weer oop te stel vir geluk. Die kursus word deur videoseminare aangebied.

Die NG Kerk Culembeeck sal 13 sulke videoseminare aanbied wat elkeen ‘n eie funksie in die rouproses het. Die seminare word as volg aangebied:

1) Hoe om met droefheid saam te leef

2) Die rouproses

3) Die uitwerking van depressie op die mens

4) Wanneer jou lewensmaat sterf

5) Rou en die familie

6) Hoekom?

7) Die uniekheid van rou [deel 1] en

8) [deel 2]

9) God se voorskrif vir rou

10) Wanneer mens in droefheid verstrengel raak

11) Top 20 lesse wat rou ons leer [deel 1] en

12) [deel 2]

13) Hemel

Elke seminar word onafhanklik van die vorige een aangebied en het dus nie ‘n spesifieke volgorde nie.

“Mense sal reeds met die eerste seminaar wat hulle bywoon, aanmoediging en hulp ervaar,” meen Gerber.

“Mense kan die seminare volg wat oor 13 weke aangebied word en daar is ook die opsie om die vorige videos te ontvang om in te haal indien hulle dit misgeloop het.

“Hierdie is regte hulp vir diegene wat diep seer het as gevolg van ‘n geliefde wat gesterf het.”

Die koste van die kursus beloop slegs R100 per person, wat die handboekie insluit. Die kursus begin op 11 Mei en sal vir 13 weke aangebied word met een seminaar per week. Daar word ‘n 14de seminaar aangebied vir diegene met kinders. Die kursus word by die NG Kerk Culembeeck op die hoek van Koebergstraat en Teenstralaan in Witpoortjie aangebied. Die eerste seminaar begin op 11 Mei om 3nm.

Vir verdere inligting kontak Wilna Gerber by 084 253 1991 (na werksure) of per e-pos by jawigerber@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button