NewsSchools

Skryf nou in vir SA se oudste skoolkoorkompetisie

Laer- en hoërskole het tot 14 Maart om in te skryf.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) daag enige laer- en hoërskool uit – wat dink dit sit in hulle broeke – om vir die 37ste skoolkoorkompetisie, ATKV-Applous, in te skryf.

“Dit is Suid-Afrika se oudste skoolkoorkompetisie. Ons nooi alle skoolkore om deel te word van hierdie nasionale prestige koorkompetisie.

“Laer- en hoërskoolkore kan inskryf. Skole en koorleiers het tot Vrydag 14 Maart om hul skoolkore vir ATKV-Applous in te skryf,” sê die ATKV se kommunikasiebestuurder, Mercia Eksteen.

Laerskole kan in die volgende afdelings inskryf:

• Meer en Minder Ervare senior kore, asook Junior kore

• Nie-Afrikaansmoedertaalsprekende skole kan inskryf in die afdeling vir Senior- en of Juniorkore

Die Hoërskole-afdeling bestaan uit Afrikaans en nie-Afrikaanse Minder Ervare kore, asook ‘n Meer Ervare afdeling.

Beide afdelings sluit die volgende kategorieë in: seuns, meisies en gemengde kore.

Vir meer inligting besoek www.atkvprojekte.co.za of kontak Bessie Keun by 082 454 6060 of Johan Esterhuizen by johane@atkv.org.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button