Gerelegeerde Florida-atletiekspan vaar bevredigend
Al was dit nou nie teen die groot honde, Kempton en Monnas soos dit die geval die afgelope drie jaar was nie, het Florrie-atlete steeds knap vertoon tydens die Interhoër Atletiekbyeenkoms op Dinsdag 25 Februarie in Germiston. Florries het dié dag altesaam 45 medaljes ingepalm (11 goud, 16 silwer en 18 brons) en daar is …
Al was dit nou nie teen die groot honde, Kempton en Monnas soos dit die geval die afgelope drie jaar was nie, het Florrie-atlete steeds knap vertoon tydens die Interhoër Atletiekbyeenkoms op Dinsdag 25 Februarie in Germiston.
Florries het dié dag altesaam 45 medaljes ingepalm (11 goud, 16 silwer en 18 brons) en daar is selfs ‘n rekord verbeter.
Uitstaande atlete tydens die Interhoër was Florries se koningin in velditems, Elzabith Loots wat twee gouemedaljes vir haar skool verseker het met uitstekende gooie van 39,90m in die diskus (‘n nuwe rekord ) en 11,11m in die gewigstoot. Sy het ook brons in die driesprong-item verower met ‘n sprong van 10,19m.
Jessica Boshoff (in gewigstoot met 12,18m), Davan du Plessis (in die 100m van 12,01 sek), Jarred Keir (in hoogspring met 1,65m), Kurtwill Marks (in die 100m met 11,48 sek), DP van den Berg (in hoogspring met 1,85m) en Kyle van Huysteen (in die 100m met 11,07 sek) het elkeen ook een goue medalje huis toe gebring.
Dan het die o.14- (48,52 sek), o.15- (46,59 sek) en o.16 (45,96 sek) seuns-aflosspanne gekook en ook almal goud gekry.
Ten spyte van die prestasies hierbo voel Florries se woordvoerder, Morné Hanekom dat daar nie rede is om op en af te spring nie.
Florries is vanjaar na die C-bond gerelegeer en die kompetisie was nie so straf soos teen die gereelde groot honde in die B-bond met wie hulle die afgelope drie jaar meegeding het nie.
Florries was boonop een van sy top atlete, Franklin Wagner kwyt, aangesien hy ‘n dag voor die Interhoër besluit het om sy skoolloopbaan by EG Jansen voort te sit.
Die 16 deelnemende skole (C- en D-bond gemeng) was Brits, Bergsig, Vereeniging Gimnasium, Lichtenburg, Klerksdorp, Middelburg, Linden, Potch Gimnasium, Prestige College, Driehoek, Benoni, Vorentoe, Hugenote en Jeugland.
Vanjaar was ook die eerste keer in 16 jaar dat Hoërskool Riebeeckrand van Randfontein so ‘n byeenkoms aangebied het.
Rikus Kruger, woordvoerder van Riebeeckrand sê, “Dit was lekker om weer so ‘n byeenkoms na 16 jaar te kon aanbied. Alhoewel die sangbeker iets van die verlede is, het leerlinge steeds by die honderde opgedaag om hul atlete te ondersteun. Die gees was ongelooflik.”
Hier is die ander Florrie-medaljewenners:
Silwer:
• Annick Snyman: 800m (2 min 29,85 sek)
• Tilly Walters: 1 500m (5 min 15,22 sek)
• Jessica Boshoff: diskus (33,01m)
• Melissa Lombaard: spiesgooi (33,54m)
• Stefani van Niekerk: verspring (5,15m)
• Genelle van Vuuren: 3 000m (11 min 20,89 sek)
• Davan du Plessis: 200m (25,23 sek)
• Jaco Kruger: hoogspring (1,55m)
• Tristan Willemse: 300m hekkies (46,23 sek)
• Donovan Fourie: diskus (39,28m)
• Kurtwill Marks: 200m (23,83 sek)
• Ivan Chapman: 800m (2 min 3,61 sek)
• Ivan Chapman: 400m (53,33 sek)
• Quinton van Loggerenberg: spiesgooi (46m)
• Kyle van Huysteen: 200m (22,72 sek)
• Abraham Seqopotsa: 3 000m (9 min 35,70 sek)
Brons:
• Clarinda Heystek: hoogspring (1,40m)
• Marli van Niekerk: hoogspring (1,50m)
• Nicole Liebenberg: verspring (4,36m)
• Lene van Jaarsveld: 200m (28,07sek) en 400m (1 min 03,42 sek)
• Celeste Nagel: 3 000m (12 min 08,70 sek)
• Ian Havenga: 1 500m (5 min 4,55 sek)
• Juandre van der Merwe: gewigstoot (11,94m)
• Donovan Fourie: gewigstoot (12,30m)
• Ivan Chapman: 1 500m (4 min 33,38 sek)
• Faqeer Paulse: gewigstoot (12,36m)
• Moses Mthembo: hoogspring (1,70m)
• Kyle van Huysteen: verspring (5,99m)
• Andre van Zyl: driesprong (11,74m)
• Justin Bhana: 100m (11,11 sek)
• Ashley Lindewal: 110m hekkies (15,48 sek)
• Abraham Seqopotsa: 1 500m (4 min 33,19 sek)



