School sportSport
Florida se judo-man, Ruan doen dit weer
... en palm 'n bronsmedalje in tydens SA's.
Wat eers vir Ruan Delport, ‘n Graad 4-leerling en judo-deelnemer van Laerskool Florida as ‘n stokperdjie begin het, kan moontlik ‘n toekomstige en belowende beroep word.
Dit nadat Ruan die Wes-Gauteng Judo Vereniging vir ‘n tweede jaar agtereenvolgend by die SA Skole Judo Kampioenskappe verteenwoordig het. Hy het ook ‘n bronsmedalje huis toe gebring.
Die skool is baie trots op hom.



