School sportSport

Florries presteer oorsee in skyfskiet

Charlto doen sy bes tydens 19de internasionale kompetisie in Duitsland.

Charlto Voster het in die sport van skyfskiet sy skool en land se naam hoog gehou toe hy tydens die 19de Internasionale Junior Kompetisie in Geweer – Pistool – Haelgeweer op twee verskillende stede se skietbane presteer het.

Hoërskool Florida se woordvoerder, Morné Hannekom sê, “Charlto het uitgeblink en ons is trots op hom”.

Charlto het in Oldenburg, ‘n stad in Noord-Wes Duitsland ‘n sewende plek in die 10m liggeweer-afdeling behaal met ‘n spog telling van 595.2/654. Hy het in Suhl, ‘n 38ste plek losgeslaan met ‘n telling van 599.9/654.

Volgens ‘n amptelike Suhl-webwerf is die kompetisie die grootste internasionale junior byeenkoms ter wêreld omdat dit alle International Shooting Sport Federation (ISSF) en Olimpiese Spele-items insluit.

Florries het ook nie net oorsee presteer nie aangesien ‘n paar leerlinge tydens die GSSU 3p Liga uitstekend gevaar het.

Morné het bygevoeg, “Die liga het weer vir ‘n klomp verrassings gesorg, met Florries se dogters wat in ekstase was oor hulle prestasies. Die seuns het ook vir paar gouemedaljes gesorg. Neil Burger het so ver in elke liga en kompetisie ‘n gouemedalje om sy nek gehang.”

Uitslae tydens die toernooi:

• o.14-medaljewenners:

Goud – Celeste Alberts

Silwer – Jacques Steyn

• o.16-medaljewenners:

Goud – Neil Burger

• o.21-medaljewenners:

Goud, silwer en brons elk – Herman Mynhardt, Charnè Gardner en Jean-Michel Steyn

Related Articles

Back to top button