Local newsNews

‘n Kat se kans vir die dorp se wildekatte

Annatjie van Niekerk voer al 'n ruk lank die wildekatte in die omgewing. Sy glo die grootste probleem is dat eienaars nie hul diere laat steriliseer nie.

Annetjie van Niekerk, ‘n oudonderwyser, vertel oor hoe sy haar oor Roodepoort en Krugersdorp se wildekatte ontferm.

Annetjie is reeds ‘n geruime tyd besig met ‘n wildekatprojek. Sy voer wildekatte wat by winkelsentrums en ander openbare plekke voorkom en laat hulle steriliseer.

Tydens die onderhoud het sy na ‘n klein katjie beduie wat eenkant luilekker gelê en slaap het.

Annetjie van Niekerk saam met Fritsie.

Sy het verby geloop en katte gehoor, en sien toe die drie babakatjies onder ‘n waentjie lê. Sy het vertel dat hulle amper al die waentjies moes verwyder om by dié drie uit te kom.

Annetjie is egter nie voltyds by die huis by al die katte nie. Sy het 16 voerstasies tussen Krugersdorp en Roodepoort, die meeste van hulle by winkelsentrums of restaurante, en so een of twee by plaaslike skole.

Sy voer nie net die wildekatte nie maar saans gaan vang sy en ‘n helper van hulle en neem hulle veearts toe waar hulle gesteriliseer en vir ‘n dag waargeneem word voordat sy hulle weer terugneem en laat gaan.

Kussings wat ‘n plaaslike vrou vir die wildekatprojek maak.

Hierdie katte hou die muise en rotte by die winkelsentrums onder beheer maar moet steeds gevoer word. Annetjie is die een wat vir hulle sorg.

Sy het vertel dat sy gereeld katte uit strikke moet gaan haal, en katte moet gaan red wat met klippe geslaan en gegooi is omdat hulle ‘lastig’ is.

Dit kos vir Annetjie en haar man, Pieter, R500 om ‘n wyfiekat te laat steriliseer, en die geld kom uit hul eie sak. In die geval van Cradlestone Mall waar Annetjie die katte reeds ‘n jaar lank voer, het hulle vir haar ‘n fonds beskikbaar gestel om die katte wat sy op hul perseel vang te laat steriliseer.

Die kos wat Annetjie vir die wildekatte voer.

Daar is egter nog 15 ander kolonies om na om te sien.

Die kos wat Annetjie dié katte voer kos R220 vir ‘n 10kg-sak, en so ‘n sak is nie genoeg vir al die voerstasies nie.

Annetjie het finansiële hulp nodig sodat sy die katte kan laat steriliseer, asook kosdonasies sodat sy haar katte kan voer.

Enigeen wat wil help met die projek kan ‘n kontantdonasie in Cradle Vet se rekening inbetaal met die verwysing, Annetjie – Feral Cat Projects, Cradle bird and animal hospital, FNB tak 210554, rekeningnommer 627 297 32116. Skakel haar gerus by 082 920 7022

Een van die voerbakke wat Annetjie gebruik om die katte te voer.
Foto’s: Natasha Pretorius.

Sy bedank ook graag vir Alissa Steyl en Kraig van Rooyen wat hul tyd opoffer om haar te help met haar projek.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button