Warriors Ringbal Klub wil Kersdrome bewaarheid
Dit is nooit te vroeg om te begin beplan vir 'n spesiale Kersfees in November nie
Kersfees gevul met geskenke, ‘n groot versierde Kersboom en die simboliese Kersvader is tog elke kind se droom.
Die Warriors Ringbal Klub het vanjaar hulle Kersboom-Skoenboksprojek ingestel om klein hartjies in die Kerstyd gelukkig te maak.
Hulle doel is om aan elke kind die geleentheid te gee om ‘n liefdevolle Kersfees te ervaar deur ‘n vir hulle ‘n lekker bord kos en ‘n spesiale geskenk te gee.
Die Warriors verwelkom enige moontlike donasies van toiletware, skryfbehoeftes of selfs kontant van die gemeenskap ten bate van die dag. Hulle vra ook geskenkpapier, skoenbokse, ‘n groot Kersboom en Kersversierings.
Enigiemand wat iets wil skenk kan dit op Dinsdae en Donderdae tussen 7nm en 9nm in die gemerkte houers by die Warriors Klub plaas.
Vir meer inligting oor die funksie, of donasies, skakel vir Bertus by 083 772 5540 of Adrie by 062 026 3005.




