LettersOpinion

Baie dankie vir die omgee

Terwyl ‘n orkes pragtige boeremusiek gespeel het, het die seniors heerlik saamgekuier.

Annemarie Wessels van Roodepoort skryf:

Wimpy in Krugersdorp, by die P n P Sentrum, het verlede week seniors met ‘n gratis ontbyt bederf. Daar was letterlik seker honderde oues van dae wat in rye voor die eetplek gesit het, om van hierdie geleentheid gebruik te maak.

Buiten die heerlike ontbyt en koffie, het elke persoon ook ‘n geskenkpakkie van hulle ontvang. Ek, en seker baie ander mense, het werklik met trane in ons oë die dag beleef.

Terwyl ‘n orkes pragtige boeremusiek gespeel het, het die seniors heerlik saamgekuier.

Graag wil ek die sentrum, en vir Wimpy bedank vir die pragtige gebaar, dit word werklik so waardeer. Ek moet eerlik sê, daar is min instansies wat so uit hul pad sal gaan om ouer mense so te trakteer. (Oorsee word seniors onder andere bederf met gratis behuising en medies.)

Vir die personeel – dankie dat julle soveel harte verbly het, dankie dat julle omgee vir die ouer mense in die gemeenskap, en vir die tyd en vriendelike diens en ontvangs.

Ons waardeer julle!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button