Laerskool Helderkruin het ‘n nuwe skaaktradisie begin toe hulle hul eerste skaaktoernooi op 11 Oktober in hul skoolsaal aangebied het.

Die Kruiners het skaakspelers van drie laerskole – Fairland, Horison en Krugersdorp-Noord – genooi om aan die toernooi deel te neem. Daar was ook drie ander belangrike gaste: Claudette Wentzel van Distrik D12; doktor Rufus Wesi, ‘n programbestuurder by Sasol Inzalo Foundation; en Marie Ashpole, ‘n onafhanklike infrastruktuurkenner.

Twee spanne van elke skool, naamlik ‘n o.11-span met ses spelers en ‘n o.13-span met ses spelers, het dit by die skaakbord uitgespook om een van die trofeë te kon wen.
Aan die einde van die toernooi is Laerskool Krugersdorp-Noord se o.11-span en Laerskool Fairland se o.13-span aangewys as die wenners en elkeen het ‘n wisseltrofee ontvang.

Die nuwe skaaktradisie sal jaarliks voortgesit word waar die skole sal meeding om een van die wisseltrofeë huis toe te neem.




