Hoërskool Bastion se Koor- en Toneelgroep het vanjaar aan die Allegretto Eisteddfod deelgeneem en verskeie toekennings huis toe gebring.
Die 14 lede van die toneelgroep het op 11 Julie by Hoërskool Hugenote gaan optree en op 5 Augustus aan ‘n Streeksfees van die ATKV-Tienertoneelkompetisie by die Roodepoort Teater deelgeneem. Hulle het ‘n bronstoekenning verwerf.
Die Bastion-koor het ook baie goed tydens die Allegretto-kompetisie gevaar, en ‘n gouemedalje verower. Dié prestasie het verseker dat die koor aan die provinsiale rondte kan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



