School sportSport
Kruiners se Zanelle skiet haar pad oop na die Gauteng-skyfskietspan
Zanelle sal later vanjaar aan die SA Kampioenskappe deelneem
Zanelle Kruger, ‘n Graad 7-leerder van Laerskool Helderkruin, is vir die Gautengse o.14-skoleskyfskietspan gekies.
Sy het ook vanjaar haar Gauteng-kleure in skyfskiet verwerf.
In elke ligawedstryd waaraan sy vanjaar deelgeneem het, het sy die Matrix kwalifiserende puntetelling in haar ouderdomsgroep gehaal, en het haar MQS-knopies ontvang.
In September sal Zanelle aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Bellville gaan deelneem.




