Twee Witpoortjie Rolbal Klub-spelers presteer by Gauteng Ope
Witpoortjie Rolbal Klub is Sables-distrikwenners
Twee lede van die Witpoortjie Rolbalklub het vanjaar aan die Gauteng Ope Kompetisie deelgeneem en baie goed presteer.
Wilson Malobolo was die algehele wenner van die kompetisie. Hy het ook aan die pare-afdeling deelgeneem en hy en sy spanmaat, Michael Nysschen het ‘n tweede plek behaal. Na afloop van die kompetisie is Wilson genooi om later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Meesterstoernooi deel te neem.
Die klub val binne die Sables-distrik en die spelers oefen elke Donderdagoggend hard aan hul tegnieke. Die groep het die Sables-enkelskompetisie vir mans en vroue gewen, asook die Sables-viere in die mansafdeling.
“Ek is baie trots daarop om deel te wees van die Witpoortjie Rolbal Klub asook die Sables-distrik. Ons is besonder trots op ons twee spanlede wat so goed gevaar het by die Gauteng Ope,” het George Nysschen, president van die Witpoortjie Rolbalklub gesê.
Vir verdere inligting oor die Witpoortjie Rolbalklub, kontak vir George by witpoortjiebowlingclub@gmail.com.




