Local newsNews

‘n Ontbyt vir liefdadigheid

Jou R300 sal vir 20 kinders twee grondboontjiebotterbroodjies en 'n bakkie pap kan voorsien.

 

 

 

Maak jou hart oop en help om 20 kinders van kos te voorsien.

‘n Wonderlike liefdadigheidsontbyt sal op 24 Augustus by Mount Usambara, Krugersdorp gehou word om fondse in te samel vir die Baba Moses-organisasie. Daar sal ‘n driegangmaaltyd bedien word en die gasspreker is Allen Heyl. Die bekende Rocketeers sal die musiek verskaf. Kaartjies beloop R300 per persoon. Jou R300 sal vir 20 kinders twee grondboontjiebotterbroodjies en ‘n bakkie pap kan voorsien. Die drag is ‘deftige denim’ en daar sal ook vele pryse te wen wees.

Baba Moses is in April 2003 gestig, en sien tans na 115 kinders in Roodepoort, Krugersdorp, Kagiso en Bodibe om. Hulle bestee maandeliks meer as R5 000 net aan brandstof om vyf kinders na ‘n spesiale skool vir mense met gestremdhede te vervoer.

Die doel van die fondsinsameling is om dié veilige hawe te help om uitgawes aan kos, brandstof en ander benodigdhede vir die kinders te help dek.

“Daar sal altyd behoeftes wees, maar ons moet iewers besluit om ‘n verskil te maak. Al is dit ‘n klein bietjie, help dit steeds iemand iewers,” het Sandra Breedt, die organiseerder van die fondsinsameling gesê.

Om kaartjies te koop, kontak Sandra by 082 371 2355.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button