NewsSchools

#WeRead: Lantern-leerders leer om boeke te waardeer

Jaarlikse boekweek by Lantern was 'n groot sukses

 

Lantern Skool het weer hul jaarlikse boekweek gehou om die belangrikheid van lees aan die kinders oor te dra.

Tydens die boekweek, wat van 29 Julie tot 2 Augustus plaasgevind het, was daar heelwat pretaktiwiteite om die boeke vir die leerders interessant te maak en te verseker dat hulle die doel van lees kan verstaan.

Die week het afgeskop met ‘n poppekastoneel wat die boeke vir die leerders laat lewe het.

Die Dinsdag en Woensdag was daar ‘n reuse boekuitstalling wat die leerders aan ‘n verskeidenheid boeke blootgestel het en hulle die kans gekry het om die boeke wat hulle die meeste gefassineer het, te koop. Daarna is die leerders na die speelterrein toe waar hulle in groepies ‘n plek gesoek het om vir mekaar uit die boeke voor te lees en aan lekkernye te smul.

Die onderwysers het gedurende hierdie week ‘n spesiale boek aan die leerders voorgelees en daarna moes hulle hul klas se deur volgens die tema van die boek versier om ‘n prys te kon wen.

“Ons as ‘n span het besef dat ons die ekstra myl moet loop om lees vir ons kinders interessant te maak, sodat hulle tyd aan lees wil afstaan. In vandag se lewe is die waarde van boeke nie meer dieselfde nie, omdat dit moet kompeteer met televisieprogramme en sosiale media,” het Anne-Marie van Schalkwyk, ‘n onderwyseres by Lantern afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button