Nicole le Roux van Hoërskool Florida is vanjaar as een van die ambassadeurs van die Nasionale Kinderbeskermingsweek (NKB) gekies.
Sy was by die voorbereidings vir die NKB betrokke en het ook as seremoniemeester by hulle funksies opgetree.
Nicole en die ander ambassadeurs is ook hard aan die werk om oplossings te probeer vind vir die uitdagings waarmee kinders gekonfronteer word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



