Chitty Chitty het by Roodepoort-teater kom kuier
Chitty het 'n draai by die Roodepoort-teater kom maak
Chitty, die legendariese vlieënde motor het by die Roodepoort teater geland. Dit is nie net sy eerste verskyning nie – hy het ook ‘n rol in ‘n spesiale toneelstuk.
Die motor, wat bekendheid verwerf het in die 1968-fliek Chitty Chitty Bang Bang is op 24 Julie aan spesiale gaste en leerders van Drama Buzz-tuisskooldramagroep by die Roodepoort-teater bekend gestel.
Die toneelstuk word van 1 tot 3 Augustus by die Roodepoort-teater deur die Drama Buzz-leerders aangebied. Die gemeenskap word genooi om saam met Chitty en Drama Buzz hul 11de jaarlikse opvoering by te woon.
Kaartjies is beskikbaar teen R100 per persoon en vir pensioenarise is dit R40 (diegene 65 jaar en ouer; ID moet getoon word). Kaartjies kan by www.roodepoortheatre.com bespreek word.
Die opgewonde groep van 80 leerders het maande lank hard geoefen aan die toneel en kon nie wag om uiteindelik vir Chitty, wat deur Brocomm gebou is, te ontmoet nie. Danksy verskeie borge kon hul droom om die toneel aan te bied, bewaarheid word.
Vir enige navrae, inligting of skoolbesprekings, kontak vir Yolandi vd Bergh van Drama Buzz by 073 206 6847.




