Op die middag van 7 Julie het ooggetuies gesien hoe ‘n blonde man en vrou met opset die veld naby die hoek van Randfonteinweg en Quelleriestraat aan die brand steek.
Dit was nie lank nie of die brand het hand uitgeruk, veral aangesien baie vullis wat deoderantkannetjies insluit daar gestort word. Meer kommerwekkend was die brand se nabyheid aan ‘n vulstasie.
Die nooddienste is na bewering 12.40nm ontbied maar die brandweerwa het eers 2.08nm daar opgedaag. Dit was egter nie die grootste verleentheid vir Johannesburg Nooddienste nie.
Die Brandweerwa het geen water gehad nie en moes eers water gaan haal. Halfpad deur die geblussery moes hy glo ‘n tweede maal water gaan haal.
Die Record het Nana Radebe genader vir kommentaar wat gesê het dat sy die saak sal ondersoek. Die Record is ook in besit van die betrokke voertuig se registrasienommer.



