Drie leerders van Hoërskool Florida – Caitlin Oelofse, Nadine Nell en Johan van Heerden – het aan die SAARA (South African Air Rifle Federation) se Oranjevaal (OVL) Ope in Vanderbijlpark deelgeneem.
Caitlin het ‘n gouemedalje in die 10M olimpiese o.20-vroue- en ‘n silwermedalje in die 3P-Presisie o.20-vrouekategorie verower. Sy het ook tydens die ope gekwalifiseer om as lid van die SAARA-span aan die All Africa Games in Morocco deel te neem.
Nadine het ‘n bronsmedalje in 10M olimpiese o.20-vroue en ‘n gouemedalje vir die 3P-Presisie o.20 verwerf.
Johan het ‘n bronsmedalje vir die 10M olimpiese o.20-mans verwerf.
Die leerders het ook in die Mini-SA’s, wat oor drie dae gestrek het, in Hartbeespoort deelgeneem. Daar het Caitlin twee volkaarte en Nadine drie volkaarte in die Presisie-klas geskiet.
Caitlin het die dag met drie gouemedaljes en ‘n silwermedalje afgesluit. Nadine het een goue- en drie silwermedaljes verower.




