School sportSport
Horison se netbalspelers dring deur na SA’s
Die toernooi vind op 26 en 27 Julie plaas
Vir die eerste keer in Laerskool Horison se bestaan het een van hul netbalspanne na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deurgedring.
Voordat hulle daar uitgekom het, moes hulle eers harde klippe kou. Die span het teen sterk skole in hulle omgewing te staan gekom vir ‘n kans om vir die Gauteng Kampioenskappe te kwalifiseer.
Tydens hierdie kampioenskappe het hulle teen 25 ander skole uitgespeel vir ‘n plek in die SA’s. Dit was ‘n taai stryd, aangesien slegs vyf spanne vir hierdie kampioenskappe oorweeg word.
Die SA’s word op 26 en 27 Julie by Hoërskool Dr EG Jansen gehou.




