Op 21 Mei het die LFP-groep ‘n tjek vir R250 000 aan die hoof en personeel van Laerskool Helderkruin oorhandig.
“Toe Laerskool Helderkruin vra, het ons geantwoord! LFP het onlangs ‘n ruim bedrag vir algemene opgradering van die perseel aan die skool geskenk. Ons het ook ‘n borgskap aan Laerskool Helderkruin se sportspanne geskenk,” het Jacolien Botha, media- en handelsmerkbestuurder by LFP gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



