NewsSchools

Roodie-leerders skitter tydens talentkompetisie

Albei is gekies om New York toe te gaan.

 

Twee leerders van Hoërskool Roodepoort het tydens die afgelope skoolvakansie aan ‘n nasionale talentkompetisie deelgeneem.

Daar was 2 800 deelnemers van regoor die land.

Antonio Britto het aan die klavieritem deelgeneem en Godfrey Phaalah het in die trompetitem meegeding. Albei leerders het nie net goud in hul onderskeie afdelings behaal nie, maar het ook die volgende spesiale toekennings ontvang:

• Godfrey het algeheel goud verwerf en ‘n toekenning ontvang vir die beste tegniek.

• Antonio het algeheel goud verwerf, het onder die Top 5 vir Senior Instrumentaal geëindig en is ook as die Beste Instrumentale Speler (15–17 jaar) aangewys.

Die twee is boonop gekies om saam met die Dream Team New York toe te gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button