Edward Potgieter, ‘n Graad 5-leerder van Laerskool Helderkruin het uitstekend by die Suid-Afrikaanse Skaakkampioenskappe gevaar.
Edward, wat normaalweg in die o.10-afdeling deelneem, het by die toernooi in die o.12-afdeling deelgeneem en sy opponente behoorlik laat les opsê.
Hy het vir die tweede maal sy Suid-Afrikaanse kleure verwerf, en is ook genooi om sy land by die Wêreldkampioenskappe in China asook by die Afrikaspele in Namibië te verteenwoordig.
“Weereens baie geluk, Edward, en sterkte vir die twee komende toernooie,” het Hanli-Mari Olivier, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte gesê.




