Twee atlete van Laerskool Roodekrans het aan die Nasionale Atletiekkampioenskappe deelgeneem en baie goed presteer.
Henricus Meyer het ‘n eerste plek in die o.13-spiesgooi vir seuns met ‘n afstand van 48,52m behaal.
Jessey Bekker het aan die o.13-verspring deelgeneem en algeheel 15de geëindig.
“Baie geluk! Roodies is vir seker baie trots op jul prestasies!” het Theolene Pienaar gesê.




