School sportSport
Twee Roodie-atlete kwalifiseer vir Nasionale Atletiekkampioenskappe
'Ons is baie trots op julle!'
Twee atlete van Laerskool Roodekrans het aan die Nasionale Atletiekkampioenskappe in Germiston deelgeneem.
Hulle is:
• Henricus Meyer (o.13-spiesgooi)
• Jessy Bekker (o.13-verspring)
“Ons is baie trots op julle. Dit is voorwaar ‘n prestasie om aan nasionale kampioenskappe te kan deelneem,” het Theolene Pienaar van die skool gesê.




