Local newsNews

Roodies-leerder verloor pa in gru-motorongeluk

Sy en haar ma het ernstige beserings opgedoen.

 

Laerskool Roodekrans het gister, 11 Maart, ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om een van hul leerders en haar ma, in hul gebede op te dra.

Die inskrywing op hul Facebook-blad, het gelees, “Ons as skool wil vra dat Roodies asseblief vir Anzell Vorster in Graad 5R en mamma Carina Vorster in u gebede sal opdra. Hul gesin was sondag 10 Maart in die motorongeluk naby Lanseria betrokke. Ons innige simpatie met die afsterwe van pappa Hano tydens die ongeluk. Anzell en mamma is beide tans in die hospitaal met ernstige beserings. Ons bid vir vinnige en volkome herstel vir hul altwee.”

Lees meer oor die ongeluk hier: Two dead, three injured in Lanseria collision

Theolene Pienaar van Laerskool Roodekrans het gesê dat beide in die intensiewesorg-eenheid opgeneem is. “Anzell is in Life Fourways Hospitaal en Carina is in Netcare Sunninghill. Hulle word nog deur die dokters geassesseer, en hul presiese beserings kon nog nie bevestig word nie.”

Sy het afgesluit deur te sê dat Anzell en Hano op Vrydagaand, 8 Maart, die skool se pa-en-dogter-piekniek bygewoon het. “Dit was vir hulle ‘n groot seën om dié aand saam te kon spandeer, want Hano het oorsee gewerk. Vir ons hier by Roodies is dit ‘n baie emosionele tyd.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button