Wesrand-stoeiers palm medaljes in
Hulle het uitstekend by die Tuks-toernooi presteer
Stoeiers van die Wesrand Stoeigimnasium (WSG) het aan die Tuks Ope deelgeneem en hul baie goed van hul taak gekwyt. Hulle het 12 medaljes ingepalm.
Liam Steynberg, Juanro Nel, Jac-Hendri Engelbrecht, Adriaan van Tonder, Arno Viviers, Dewald Engelbecht, Ruan Nel en Tylor Burkett het almal gouemedaljes verower.

Joshua van Rheede van Oudtshoorn en Celine van Rheede van Oudtshoorn het silwermedaljes verower terwyl Hanré van der Merwe en Deanin Marais bronsmedaljes ingepalm het.
Celine, Tylor en Ruan is ook tot die span verkies wat later vanjaar aan die eerste Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem.
Juan Nel, die klub se hoofafrigter, het gesê, “Die stoeiers se harde werk en volharding het definitief vrugte afgewerp. Dit is vir my ‘n riem onder die hart om te sien dat hulle dit wat hulle by die klub op die mat oefen, tydens ‘n toernooi toepas. Baie sterkte ook vir die drie stoeiers wat SA’s toe gaan, ek weet julle sal baie goed vaar.”




