AfriForum se Roodepoort-buurtwag slaan nog ‘n slag
Die groep van 59 lede het in Honeydew bymekaargekom
AfriForum se Roodepoort-buurtwag is besig om al hoe hoër hoogtes te bereik
Dié buurtwag het op 15 Februarie sy maandelikse misdaadvoorkoming- en massapatrollie gehou.
In ‘n persverklaring het Fanie Naude, voorsitter van die Roodepoort-tak, opgewonde geskryf oor die onlangse operasie.
“Die volgende instansies was betrokke: AfriForum se Roodepoort- en Charlie-buurtwag; Honeydew, Fairlands en Sektor 2 se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en ICE; Honeydew SAPD (vergesel deur die bevelvoerder); die Johannesburgse Noodbestuursdienste (vergesel deur die adjunkbevelvoerder); BCI Sekuriteit; EC Sekuriteit; DMS Sekuriteit; National Security and Fire; ER24; en LTS Search and Rescue,” het Naude geskryf.
“Die groep van 59 lede het in Honeydew bymekaar gekom en in die Honeydew SAPD-gebied, die Sophiatown SAPD-gebied en die Florida-omgewing gepatrolleer. Geen voorvalle is tydens die patrollies aangemeld nie
“Ek beskou dit as ’n oorwinning dat ons daarin kon slaag om samewerking en ondersteuning van soveel organisasies en eenhede buite AfriForum se raamwerk te betrek. Dit het daartoe bygedra dat ons massapatrollie ongekende hoogtes bereik het,” het Naude afgesluit.
SMS “Roodepoort” na 45341 (R1) om by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan te sluit
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



