Local newsNews

Militêre veterane genooi om by vereniging aan te sluit

‘n Inligtingsessie sal op 23 Februarie gehou word'

 

Ek wens ek het al in 2011 geweet van hierdie wet, dan kon ek reeds agt jaar lank die voordele daarvan benut het,” het oudweermaglid Rudie Rousseau gesê.

Hy het twee jaar gelede by die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) aangesluit, en het verduidelik, “Die Wet op Militêre Veterane 18 van 2011 het in Januarie 2012 in werking getree en bepaal dat alle militêre veterane vir sekere voordele kwalifiseer. Om hierdie proses makliker te maak, word oudweermaglede uitgenooi om by die SAWV aan te sluit.”

Alle militêre veterane wat diensplig gedoen het, lid van die Kommando was, in die Reserwe Mag of Staande Mag gedien het of aan die Unie-Verdedigingsmag behoort het, kwalifiseer om by die SAWV aan te sluit.

Rudie het bygevoeg dat voornemende lede egter eers op die militêre databasis geregistreer moet word, voordat hulle enige van hierdie voordele kan benut. “Voordat jy kan aansluit, word jou magsnommer eers geverifieer om te verseker dat jy wél ‘n militêre veteraan is. Wanneer hierdie stap suksesvol is, kan jy voortgaan met jou aansoek en registrasie. Maar mense moet besef dat dit ‘n tydsame proses is en hulle sal geduldig moet wees.”

Hy self het nog geen probleme ondervind nie.

Rudie het gesê dat die jaarlikse ledegeld R200 is, “Maar die voordele wat hierdie lidmaatskap bied, maak dit definitief die moeite werd”.

Die voordele sluit in gratis mediese behandeling by militêre of staatshospitale, begrafnisdekking van R25 000 wat gratis traumadekking insluit, ‘n behuisingsvoordeel, onderwyskostes vir jou kinders op skool of universiteit, asook skadevergoeding vir lede wat tydens hul diensplig beseer is.

“Daar word ook op ekonomiese projekte gekonsentreer. Sommige lede word gehelp om ‘n inkomste te verdien deur by ander lede werk te kry wat hul eie besighede het en personeel benodig,” het Rudie gesê.

Hy het bygevoeg dat daar ook heelwat projekte van stapel gestuur word, soos Projek Kolgans. “Ons kom een maal ‘n maand bymekaar vir ontbyt by ‘n restaurant om die kameraadskap te hernu en vriende weer bymekaar te bring.”

Alle belangstellendes word na die inligtingsessie genooi wat op 23 Februarie om 8vm by Hoërskool Die Burger gehou gaan word.

“Ek raai almal wat kwalifiseer aan om by die vereniging aan te sluit. Die voordele is daar vir jou; as jy dit nie gebruik nie, is daar iemand anders wat sal,” het Rudie afgesluit.

Vir meer inligting, kontak Rudie by 082 536 1917 of Johan du Preez by 060 603 2930.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button