Laerskool Roodekrans is onlangs vir hul puik prestasies in netbal vereer toe hulle as die Netbal Laerskool van die Jaar in Gauteng (2018) aangewys is.
Die prestasies wat aan hulle hierdie toekenning besorg het, sluit die volgende in:
• Jomo-liga:
Al agt die deelnemende spanne het puik prestasies behaal; drie spanne het as ligawenners geëindig, drie spanne het tweede in hul liga geëindig en een span het derde geëindig.
• C-spanne:
Een span het eerste in die liga geëindig en drie spanne het derde geëindig.
• Gauteng-kampioenskappe:
Die o.12-span het sesde geëindig en die 0.12-span vyfde.
• Top Schools-toernooi:
Die o.13A-span behaal ‘n 18de plek tydens hierdie toernooi.
Dit is nie net die netbalspelers wat goed presteer het nie, die skool spog ook met 10 D12-skeidsregters, nege Gauteng-skeidsregters en een Suid-Afrikaanse skeidsregter.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



