NewsSchools

Florrie-hoof met spesiale seremonie verras

Sy tweede jaar by Hoërskool Florida is met 'n baadjieseremonie gevier.

 

Hoërskool Florida het hul skoolhoof, Julius Katzke, se tweede jaar by die skool met ‘n baadjieseremonie gevier.

Die geleentheid waartydens Julius ‘n Hoërskool Florida-kleurbaadjie ontvang het, het op 28 Januarie tydens die saalopening plaasgevind. Die hoofseun en -meisie het vir hom die baadjie op die verhoog aangetrek.

Lourens du Plessis, Morné van Jaarsveld, Richter Bredenkamp, Michael Deale, Julius Katzke, Claudia Aggenbacht, Kirsten Schonken, Lidene Pienaar en Caitlin Oelofse. Foto: Verskaf.

Tydens die toesprake wat die twee van die VLNR-lede, Caitlin Oelofse en Richter Bredenkamp, gelewer het, het hulle gesê, “Ons hoop en glo dat Meneer ‘n lang en gelukkige verbintenis met Hoërskool Florida sal hê. Ons dra Meneer en Hoërskool Florida in ons gebede op. Om die tradisie by Hoërskool Florida te laat voortleef, het ons vir Meneer ‘n spesiale skoolbaadjie laat maak. Ons glo Meneer sal dit met trots dra!”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button