NewsSchools

Bastion se groentjies vermaak die gehoor

Jaarlikse groentjiekonsert weereens ‘n reuse sukses

 

Hoërskool Bastion se jaarlikse groentjiekonsert wat die gehoor van begin tot einde vermaak het, was weereens ‘n reuse sukses.

Die groentjies het hul beste danspassies en akteursvernuf op die verhoog ten toon gestel, en het op die maat van polsende musiek en flitsende ligte die storie uitgebeeld van die nuwe Graad 8-leerder wat sy plek by die skool vind.

Een van die Graad 8-leerders leef haarself in haar rol in. Foto’s: Verskaf.

Die leiers het ook hul eie spesiale item gehad, wat hulle uitbundig opgevoer het.

Daar was drie vertonings in die week van 22 tot 24 Januarie. Die hoogtepunt was beslis die Graad 8’s se Capping-seremonie waarmee die Gala-aand afgesluit is en waartydens hulle as ware Bastionners verwelkom is.

Metuschka de Jager op die verhoog.

Tazmin Rossouw, ‘n Graad 12-leerder, is ook bedank omdat sy die draaiboek vir die konsert geskryf het.

Hierdie Graad 8-leerder het sy rol baie ernstig opgeneem.
Metuschka de Jager op die verhoog.
Colin Ingram het die rol van Freddie Mercury vertolk.
Die Graad 8-leerders het gesorg dat die konsert ‘n groot sukses was.
‘n Graad 8-leerder gee alles gedurende die konsert.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button