LettersOpinion

The work will commence soon

JC Sonnekus van Florida skryf:

Moontlik kan die Record vir die lesers inligting verskaf oor die onverklaarbare gedoente by die Flora Centre se suidelike parkeerdek. Die bouwerk het ongewoon lank geduur; daarna het die bedenkinge luid geword dat die blad beweging toon wanneer voertuie daaroor ry.

Tans is dit reeds meer as ’n maand gesluit, maar met geen teken van werksaamhede nie.

Die posbusse onder die dek op grondvlak was weke nie toeganklik weens instort gevaar. Tans is die posbusgangetjie oop, maar duidelik op eie risiko.

Daar is gerugte dat met die bouwerk geknoei is met die beton en met die bewapening van die staal – of dit waar is of bloot kwaadwillige gerugte kan gerus ondersoek word.

Daar word ook beweer dat die kontrakteurs vriende van belangrike belanghebbendes was en meer gereeld aan die kuier as aan die werk gesien is.

Hierdie is waarskynlik werklik ’n behoorlike ondersoek werd.

Marie Venter, Centre Management, Flora Centre responds:

The parking slab is currently closed because it suffered structural damages.

Remedial work will commence mid-February. Delays were caused by the builders’ holidays from mid-December 2018, as well as the festive season. Please be assured that this project is of high importance to the landlord and he would like to get the slab open as soon as possible.

Technical tests will commence as soon as possible which will include an investigation into the soil under the slab. Three holes will be opened and then the soil samples will be send for processing, after which a report of the findings will be forwarded to the landlord.

We place on record that the landlord has appointed an independent professional team (Engineers, Architects and Building contractors) to undertake this project.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button