Wesrand-stoeiers as klubkampioene aangewys
Uit 58 deelnemers, verower hulle 56 medaljes
Stoeiers van die Wesrand Stoeigimnasium (WSG) het baie goed tydens die jaarlikse klubkampioenskappe presteer.
Daar was 58 inskrywings van WSG, en die stoeiers het 56 medaljes verower. Hulle het teen stoeiers van die Danie van Zyl- en die Ruiter-stoeiklub deelgeneem.
WSG het met 571 punte, Ruiter met 485 en Danie van Zyl met 307 geëindig.
Juan Nel, WSG se hoofafrigter het gesê, “WSG het gedurende die jaar die beste prestasies by die onderskeie toernooie behaal, en het ook die meeste inskrywings gehad. Gevolglik is ons klub as die algehele klubkampioene vir 2018 aangewys.”
Hy het bygevoeg dat hy nie net op die stoeiers trots was nie, maar ook op al die ouers. “Sonder die ouers se ondersteuning sou ons nie stoeiers gehad het om deel te neem aan al die toernooie en kampioenskappe nie.”
Juan het afgesluit deur al die bestuurslede, beamptes, spanbestuurders, admin, afrigters en elke ondersteuner te bedank en het gesê, “Ek hoop dat ons op hierdie prestasies sal kan voortbou en dat dit aanstaande jaar nóg beter sal gaan”.
Die WSG-stoeiers oefen Maandae en Woensdae van 6nm tot 8nm by die Witpoortjie Ontspanningsentrum en almal van vier tot 40 is welkom. Vir meer inligting, kontak Juan Nel by 083 411 3758, Herman Engelbrecht by 084 522 9286 of besoek hulle Facebook-blad (https://www.facebook.com/wesrandstoeigim/?ref=br_rs).
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



