Karlien en Kandas samel geld in vir Cansa
Hulle kon R16 000 aan die organisasie oorhandig
Dit was ‘n kleurvolle affêre toe die kleuters, onderwysers en ouers van Karlien en Kandas Pre-Primêre Skool op 26 Oktober gewys het dat hulle ook vir ander mense omgee.
Die kleuters het vir die vyfde jaar hul ondersteuning aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) getoon deur om die blok te stap. Getooi in hul kleurvolle T-hempies en bandanas, wat deur Kobus Botha van CJ Electrical geborg is, het hulle R16 000 ingesamel wat aan Ester Pretorius van Cansa Wes-Rand oorhandig is.
Dit was R3 000 meer as verlede jaar se donasie.
Annemarie Jacobs, die kleuterskoolhoof, het vertel dat die kleuters en hul ouers baie ywerig tot die projek bygedra het deur hul voltooide Toktokkie-donasievorms te voltooi, en het gesê, “Ek het nie gedink dat ons hierdie jaar so ‘n groot bedrag sou kon insamel nie, maar ons het onsself oortref. Daar was vanjaar baie meer ouer- en gemeenskapsbetrokkenheid, wat vir ons ‘n riem onder die hart is.”
Sy het afgesluit deur al die rolspelers te bedank wat die dag moontlik gemaak het – Property Bees, Dowry Sekuriteit, Luan Botes (Centurion Motors), Frikkie Strauss van die Johannesburgse Verkeersafdeling, Kobus Botha van CJ Electrical en Ester Pretorius van Cansa.
“Ek wil ook graag ‘n spesiale woord van dank aan al ons ouers, kleuters en personeel rig, want sonder hul ondersteuning sou dit nie moontlik gewees het nie. Dankie ook aan Maya die By(Property Bees-gelukbringer) en Toktokkie (Cansa-gelukbringer) wat die dag saam met ons deurgebring het.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



