Editor's choiceLocal newsNews

Wilropark-vrouekonferensie beeld geloof, hoop en liefde uit

Konferensie was weereens 'n groot sukses

 

Elke gas by vanjaar se vrouekonferensie wat deur die Volle Evangelie Kerk van Wilropark gehou is, het definitief die tema van geloof, hoop en liefde ervaar. Dit was die tweede keer dat die kerk so ‘n geleentheid aanbied.

Organiseerder Rika Strydom het gesê dat die opkoms baie goed was. Alhoewel die kerk net 340 gaste kan akkommodeer, glo sy dat hierdie jaar se konferensie beter was. “Ons moet altyd daarna streef om te verbeter en ek glo ons het onsself dié jaar oortref. Baie van die gaste was verlede jaar ook hier, wat my laat glo dat ons wel iets reg doen,” het sy gesê.

Melani Venter, Clarisse Bacon, Mariaan de Bruyn en Lorinda Price het die versnaperinge geniet.

Sy het bygevoeg dat hul gassprekers gekies is om by die tema aan te sluit, en het verduidelik, “Ons sprekers vir die dag was Sandra Barnard, Lyndie McCauley en Vanessa Goosen. Elke spreker het oor een van die drie aspekte van die tema gepraat, wat verseker het dat elke vrou wat hier was vandag die boodskap ontvang het wat spesiaal vir haar bedoel was.”

Die gaste het nie net kos vir die siel ontvang nie. Daar is eers heerlike tuisgemaakte versnaperinge voorgesit voordat hulle ‘n heerlike middagete geniet het.

Chevonne Buitendag, Adéle Sequeira, Chandré Spies en Alta Leyganie.

Rika het met die volgende woorde afgesluit, “Ons wou vandag fokus op liefde, spesifiek om ‘n hart van liefde vir mekaar te hê. Ek het die konferensie in vier verskillende tale geopen om te fokus op die feit dat dit nie saak maak watter taal, kultuur of kleur jy is nie, God se liefde is vir almal. Niemand is daarvan uitgesluit nie. Daar is niks sterker as liefde nie.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button