LettersOpinion

Ons moet as ‘n gemeenskap saamstaan

Nico Snyman van Roodepoort skryf:

Dit is vir my ‘n groot bekommernis dat die vrou met haar kind by die ingang/ uitgang van Florida Junction aan die Christiaan de Wetweg-kant van die sentrum staan en bedel.

Het enigeen van ons, ek inkluis, al ooit by haar stilgehou en gevra wat haar behoeftes is?

Vir my gaan dit nie so seer oor die vrou nie, maar oor die kind wat in die son sit en speel en baie keer op die harde grond slaap, terwyl haar ma bedel.

Soos u sal weet is dit ‘n baie bedrywige hoek, so baie mense ry daar verby en sal weet waarvan ek praat.

Ons het so baie kerke in ons omgewing en dit wil voorkom of ons net konsentreer op ons eie behoeftes en nie wyer wil kyk en verantwoordelikheid aanvaar vir ander nie.

Weereens, dit gaan nie vir my oor die vrou nie, maar oor daardie kind.

Ek weet daar is baie mense wat swaar kry en op straathoeke staan en bedel, maar asseblief, kom ons staan saam as gemeenskap en probeer help in ons omgewing.

Dit is ook baie interessant om op te merk hoe die raadslede van die verskillende wyke, saam met die kerke, nie sulke situasies ‘sien nie’ en liewer betrokke wil wees waar hulle vir hulself stemme kan werf.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button