AfriForum skop #OnsDorp-veldtog af
Hulle het onwettige advertensies, plakkate en pamflette verwyder
Die AfriForum-tak in Roodepoort het onlangs onwettige advertensies, plakkate en pamflette verwyder wat die sigbaarheid van verkeers- en ander munisipale tekens belemmer. Dit was deel van hul #OnsDorp-veldtog,
Dié projek is met die samewerking van M&P Recycling aangepak, wat die voertuie en gereedskap gratis voorsien het. Heelwat onwettige plakkate, pamflette en advertensies is verwyder.
Fanie Naudé, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak, het gesê, “Wanneer ons weer die projek uitvoer, sal die voertuie en gereedskap weer gratis aan ons beskikbaar gestel word”.
“Ons voel werklik hoopvol as ons sien hoe ondernemings in die gemeenskap betrokke raak en hul dienste beskikbaar stel om die #OnsDorp-veldtog ’n sukses te maak,” het Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir Gauteng-Suid gesê.
Besoek https://www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



