Editor's choiceSchool sportSport

Florrie-gimnaste kwalifiseer vir SA Kampioenskappe

Hulle verwerf Gauteng-kleure

 

Twee Laerskool Florida leerders het baie goeie prestasies behaal tydens die Gauteng Gimnastiekkampioenskappe wat in Pretoria plaasgevind het.

Hulle het die Johannesburg Gimnastiekklub verteenwoordig.

Janrie Theart het vir deelname aan die SA Kampioenskappe vir artistiese gimnastiek gekwalifiseer. Foto’s: Verskaf.

Janrie Theart, Graad 7, het op vlak 8 (6–12 jaar) deelgeneem, en het twee silwer- en twee bronsmedaljes verower, en

‘n algehele derde plek behaal.

Anya Theart, Graad 6, het op vlak 7 (6– 2 jaar) deelgeneem. Sy het ‘n silwermedalje verower en ‘n algehele negende plek behaal.

Anya Theart het vir deelname aan die SA Kampioenskappe vir artistiese gimnastiek gekwalifiseer.

Beide het hul Gauteng-kleure verwerf en vir deelname aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir artistiese gimnastiek gekwalifiseer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button